Home Rules & Regulations
|
ESSASA rules PDF Print E-mail
ESSASA Reëls vir Nasionale Proewe, Provinsiale Proewe en Nasionale/Internasionale deelname


1.    Algemene Reëls
1.1.    Elke spanlid is verantwoordelike vir sy perde, uitrusting, toerusting en voldoen aan reëls en regulasies van die betrokke proewe
1.2.    Spanlede is onder die jurisdiksie van die spanbestuurder tydens, voor en na enige kompetisie.
1.3.    Spanlede is verplig om voor, gedurende en na die kompetisie akkommodasie, sosiale en strategiese reëlings soos deur spanbestuur en/of UK bepaal streng te volg.
1.4.    ‘n Vertoner wat kompeteer in die ruiterkuns subunie proewe – sub-unie vlak of nasionale vlak – mag ‘n perd huur of gebruik van enige ander sub-unie op voorwaarde dat die perd vir nie enige unie tel nie.
1.5.    Ruiters wat aan Internasionale Kompetisies deelneem, mag nie aan enige ander ruiterkuns klasse op die betrokke skou deelneem nie.
1.6.    Tydens nasionale proewe, nasionale- en internasionale kompetisies, moet die reserwe perd per span op gereedheid-grondslag in die versamel ring wees.
1.7.    Sou ‘n perd ‘n yster verloor of beseer word, word dit vervang met die reserwe perd of her beslaan binne die toegelate 5 minute. Sou die yster verloor word tydens of voor die individuele toetse, word die perd her beslaan of vervang en die ruiter se posisie skuif af na die laaste posisie in die groep.
1.8.    Alle oortreding van reels deur nie lede van ESSASA met betrekking tot ‘n vertoner of span, sal op die ESSASA lid (lede) betrekking hê asof die lid self die oortreding gepleeg het.
1.9.    Alle neergelegde reels, regulasies of etiese kodes van SAASU, SABAU. SA Boerperd Unie, Saalperd telersgenootskap, Beoordelaars vereniging, Beamptes vereniging en Professionele Afrigters vereniging moet eerbiedig word. Enige oortreding buite of binne ESSASA jurisdiksie sal by die betrokke instansies aangemeld word vir vêrdere optrede.
1.10.    Dit is die lid se verantwoordelikheid om op hoogte te wees van reëls, reëlings en regulasies en dat lidmaatskap fooie op datum betaal is.
1.11.    Die UK van ESSASA kan enige reël herroep, wysig of toevoegings daartoe maak.
1.12.    Geen toevoegings, wysiging of herroeping van ‘n reël mag deur ‘n skou organisasie gedoen word sonder die toestemming van die UK van ESSASA.
1.13.    Alle klagtes, besware en voorstelle moet skriftelik by die provinsiale voorsitter van die Amateur sub-unie ingedien word en moet alle relevante inligting bevat vir die voorlegging aan die UK
1.14.    Vertoners wat hulp of advies van buite of binne die baan ontvang, van nie-beamptes of van ‘n persoon wat betrokke is of belang by die perd of ruiter het, sal gediskwalifiseer of gepenaliseer word.
1.15.    Stomp punt spore word toegelaat, maar moet oordeelkundig gebruik word.
1.16.    Die bewoording vir die span is: Equestrian Saddle Seat

2.    Ouderdom:
2.1.    Die minimum ouderdom vir insluiting in ‘n Nasionale span is 12 jaar en oor. Die ouderdom word bepaal soos op 1 Januarie van die betrokke jaar.
2.2.    Die minimum ouderdom vir insluiting in die World Cup span is 14 jaar en oor. Ouderdom word bepaal soos op die dag van die aanvang van die kompetisie.

3.    Reëls ten opsigte van Nasionale Proewe:
3.1.    Die Bestuur bepaal hoeveel ruiters in ‘n span opgeneem kan word, met of sonder reserwes.
3.2.    Die Bestuur bepaal die plek, reëls, toetse, metode en wyse, aantal beoordelaars, puntetellings, punte berekenings en uitslae waarvolgens spanne saamgestel en gekies word. Die bestuur kies ook die Kapteins, Onder-Kapteins, Bestuurders, Afrigters, Beoordelaars (indien enige) en enige ander persone of persone wat deel van die span vorm.
3.3.    Die onderwerping aan die ondertekening van die ESSASA ondernemings vorm en gedragskode is ‘n voorvereiste vir insluiting as spanlid.
3.4.    Geen vorige spanlede van ‘n Senior of Junior Nasionale span mag in ‘n President span opgeneem word nie.
3.5.    Tydens Nasionale proewe sal gepoog word om van 5 (vyf) beoordelaars gebruik te maak.  Die uitslag sal bepaal word deur die hoogste en laagste plasing te verwerp en dan slegs die ander drie plasing te verreken.
3.6.    Ruiters wat vir die driegang spanne gekies word kan ook vir die vyfgang spanne gekies word en andersom.
3.7.    Wanneer tydens Nasionale proewe ‘n gelykop uitslag voorkom , word die punte tydens die toets behaal in berekening gebring, om ‘n uitslag te verkry. Sou die toetspunte dieselfde wees, word die vierde en vyfde beoordelaar se puntetoekenning vir die toets in verrekening gebring.
3.8.    Tydens nasionale proewe sal die ruiters se punte na afloop van die proewe uitgestuur word. Tydens Internasionale kompetisies word geen individuele punte bekend gemaak nie.
3.9.    Perde wat gebruik word in Nasionale Proewe mag aan geen ander klasse deelneem nie. Indien die ruiter nie deurgaan na die finale groep, mag die perd gebruik word vir gewone klasse.
3.10.    Die perd waarmee ‘n ruiter kwalifiseer tydens die proewe moet gebruik word tydens Nasionale en Internasionale kompetisies.

4.    Reëls ten opsigte van ESSASA provinsiale proewe:
4.1.    Ruiters wat in ag geneem wil word vir die provinsiale spanne moet deelneem soos in die reëls bepaal.
4.2.    Ruiters mag net kwalifiseer in die provinsie waarvan hul lid is – moet opbetaalde amateur en ESSASA lid wees.
4.3.    Oop vir enige perde ras. Die “turn-out” van die perd moet voldoen aan sy eie vereniging se reëls.
4.4.    Daar moet 3 keurders/beoordelaars wees, waarvan een ‘n senior moet wees.
4.5.    Oop vir enige ouderdom ruiter MAAR vir die insluiting in Nasionale span moet die ruiter 12 jaar en ouer wees op 1 Januarie van die betrokke jaar. Vir insluiting in World Cup span moet ruiter 14 jaar en ouer wees – ouderdom word bepaal op die aanvangsdatum van die kompetisie.
4.6.    Indien daar meer as 12 ruiters deelneem, word daar eers ‘n mini-rail en toets gery en die hoogste 12 ruiters word aangewys.  Daardie ruiters ry eers ‘n normale klas teen die reëling en daarna doen elke ruiter ‘n individuele toets.
4.7.    Die toets tel 50 % en die reëlwerk 50 %.
4.8.    Die toets word uit die “Handbook for Saddle Horse Exhibitors” gekies.
4.9.    Al die ruiters word eers gepunt (reëlwerk en toets) en daarna word die punt vir die reëlwerk en die toets apart na ‘n plasing verwerk. Die twee plasings word bymekaar getel en die Hi-Low sisteem word toegepas met tabulering van die plasings.
4.10.    Die twee beste proewe van elke ruiter word geneem en daardie punte tel die vir provinsiale span. Twee proewe/Medal klasse is verpligtend om te kwalifiseer vir Nasionale Proewe.
4.11.    Die 6 ruiters met die hoogste punt sal die Provinsie verteenwoordig in die Ruiterkuns span.
4.12.    Elke streek moet ten minste 3, maar mag ‘n maksimum van 4 streek Proewe skoue aanbied
4.13.    Geen ruiter kan van proewe wegewys word as gevolg van tekort aan stalle nie.
4.14.    Een van die skoue hierbo genoem moet by ‘n ras anders as ‘n Saalperd skou aangebied word – indien prakties en uitvoerbaar
4.15.    ESSASA is nie voorskriftelik insake die getal lede op die Streek-kommittee nie – maar elke ras betrokke by Equestrian Saddle Seat moet ten minste 1 x verteenwoordiger hê
4.16.    Hantering van die tabulasie, uitdeel van toetse, ens MOET hanteer en beheer word deur persone wat ONAFHANKLIK is van ruiters, ouers en afrigters betrokke
4.17.    Elke streek moet ‘n ESSASA verteenwoordiger aanwys.
4.18.    Hierdie verteenwoordiger sal verantwoordelik wees vir die uitgee van toetse, tabulering, inhandiging van dokumente en komunikasie na ESSASA kantoor.

5.    Reëls ten opsigte van Internasionale Kompetisies:
5.1.    Die UK bepaal die norme en prosedures vir Internasionale Kompetisies in oorleg met die besoekende span.
5.2.    Geen beseerde genomineerde perde mag vervang word sonder indiening van veearts sertifikaat en toestemming van UK. Sodanige aansoek moet deur die spanbestuurder ingedien word minstens 3 ure voor aanvang van die kompetisie.
5.3.    Die genomineerde perde sal bestaan uit 2 per spanlid, reserwes ingesluit en mag nie geruil word vir die duur van die totale toetsreeks, behalwe onder punt 30.1.
5.4.    Genomineerde perde word in 2 groepe verdeel naamlik:
a.    Groep 1:  Eie perde wat gery word deur die tuisspan plus 1 reserwe perd verkry     uit Groep 2 na besoekende span gekies het.
b.    Groep 2: Al die oorblywende genomineerde perde (2de perde van SA ruiters) waaruit die besoekende span kies plus hul reserwe perd.
5.5.    Vir elke kompetisie met ander woorde elke keer wanneer die baan binnegegaan    word, word die groepe perde omgeruil tussen die besoekende span en tuisspan.
5.6.    Elke keer wanneer perde geruil word, moet die tuisspan hul eie genomineerde perde ry. Besoekende span het vrye keuse, maar moet by keuse bly vir die spesifieke kompetisie.
5.7.    Sou tydens die kompetisie ‘n reserwe perd benodig word, mag die tuisspan lid die algemene reserwe perd gebruik, wat nie noodwendig ‘n eie nominasie is nie.
5.8.    Tydens internasionale kompetisie waar spanne hul eie perde voorsien, word spanlede beperk tot eie perde en span reserwe perd.
5.9.    Wanneer een besoekende span (nie met eie perde) teen een SA span meeding, moet die spanbestuurder van die tuisspan reël vir een reserwe perd per span, indien daar nie voorsiening is vir ‘n reserwe ruiter vir die span nie.
5.10.    Perde wat genomineer is vir ‘n internasionale kompetisie mag nie aan ander klasse tydens die skou deelneem nie.  Indien die kompetisie oor meer as een skou strek, bly die oorspronklike nominasie van krag.

6.    Vyfgang proewe, Nasionale en Internasionale Kompetisie
6.1.    Elke stap word beoordeel.
6.2.    Indien nodig kan ‘n addisionele vertoning op die kortgang en trippel aangevra word in plaas van die voorgeskrewe toets.

7.    Spanbestuurder
7.1.    Die spanbestuurder word deur die UK van ASSASA aangewys en sal vir die volgende jaar optree as spanbestuurder, tensy die UK hom/haar van sy/haar pligte onthef.
7.2.    Die spanbestuurder  voer algehele bestuur en beheer oor die span en geen person, enige uitvoerende amptenaar van ESSASA of verwante liggaam het enige toegang tot die span behalwe deur die bestuurder.
7.3.    Alle ander beampets betrokke by die span is onder dieselfde gesag as in punt 2.
7.4.    Die spanbestuurder moet een week voor die aanvang van ‘n kompetisie aan die voorsiener, afrigter of verantwoordelike person van die perde wat gedruik gaan word, ‘n oefenprogram skriftelik voorle.
7.5.    Spanbestuurder mag nie afwyk van reels, regulasies of reelings sonder toestemming van die UK.
7.6.    Spanbestuurder se magte en pligte en jurisdiksie is beperk tot slegs die span waarvan hy/sy  bestuurder is.
7.7.    Uitvoerende pligte behels as volgende:
a.    Toerusting, uitrusting van perde en ruiters, gesondheid, welsyn van perde en ruiters, vervoer van perde en ruiter & akkomodasie van perde en ruiters.
b.    Sosiale aangeleenthede vir ruiters.
c.    Reelings, finasies & reels vir kompetisies.
d.    Reserwe ruiter(s) en perd(e) maak deel uit van span.
e.    Omsien na persoonlike behoeftes van die span.
f.    Bevordering van spangees en kameraadskap.
g.    Omsien na fiksheid en persoonlike versorging van ruiters.
h.    Ondersteuning van afrigter met oefenprojekte.
i.    Omsien na veiligheid van ruiters.
j.     Reël vir madia dekking maar beskerm teen uitbuiting
k.     ‘n Sportgees moet by die span gekweek word wat ‘n spieëlbeeld is van die gewenste amateursport. 
l.     Verantwoordelik om aan die UK van ESSASA verslag te doen rakende aktiwiteite.
m.     Tugmaatreels mag deur spanbestuurder toegepas word indien die UK nie beskikbaar is vir  beraad.
n.     Opstel van toets vir kompetisie

8.    Pligte van ‘n spanbestuurder
8.1.    Moet alle spanlede en afrigter ken – Kameraadskap en goeie spangees word hierdeur aangehelp.
8.2.    Moet maklik en goed in albei tale kan kommunikeer – toesrake maak.
8.3.    Moet noodgevalle maklik en vinnig kan hanteer – siektes, beserings, ens.
8.4.    Spandissipline kan handhaaf – Reels voor die tyd uitspel, maar moet ook aanpasbaar wees.
8.5.    Moet ‘n vader/moeder vir sy span wees – luister na klagtes, ens. en problem oplos.
8.6.    Moet sy span of individuele lede kan motiveer.
8.7.    Kamerindeling by verblyfplekke reg hanteer – nie botsende element in een kamer plaas nie.
8.8.    Plekbespreekings vir reis – en verblyf reelings kontroleer of self doen.
8.9.    Sorg dat spanlede betyds van korrekte kleredrag op en van veld in kennis gestel word.
8.10.    Kennis gee van amptelike bywoning van funksies.
8.11.    Wanneer span aangekondig word die nodige addresse, telefoonnommer, mates ens. verkry.
8.12.    Reel vir die neem van ampelike fotos.
8.13.    Maak vooraf seker of oefengeriewe  beskikbaar is.
8.14.    Betaal alle rekenings voordat hotel verlaat word.
8.15.    Spanbestuurders is verantwoordelik vir beslaan reëlings.

9.    Oorseese toere. – Additionele pligte van Spanbestuurder
9.1.    Moet die reisprogram ken en reisplanne aan lede verskaf.
9.2.    Kennis he van lande wat besoek gaan word en op hoogte wees van besoekende land se sportbeleid.
9.3.    Moet op hoogte van ons land se sportbeleid wees.
9.4.    Voldoende finansies beskikbaar he om moontlike noodsituasies te kan hanteer.
9.5.    Begasieprobleme hanteer en pligteverdeling van toer maak.
9.6.    Reel vir die nodige visums waar nodig.
9.7.    Besoek SA Ambassades oorsee.
9.8.    Na kompetisies kry volledige uitslae.
9.9.    Sorg persoonlik vir alle reisdokumente, kaartjies ens. – bly in jou besit.
9.10.    Maak vooraf seker van alle vergadering bv. Spanbestuurderverg ens. en kry ook die nodige programme voor kompetisies begin.
9.11.    Aandekings saamneem.


10.    Pligte van ‘n Afrigter.
10.1.    Deeglike kennis van sy sportsoort he – ken veral die reels.
10.2.    Altyd student – tred hou met veranderinge.
10.3.    Korrekte leiding gee – veral waar junior deelnemers betrek word – op en af van veld.
10.4.    Dissipline en selfdissiplinne toepas.
10.5.    Goeie verloorder wees – nie ander blameer nie.
10.6.    Nederig wees - nie grootkop kry nie.
10.7.    Moenie deelnemers gebruik om eie “empire” te bou nie.
10.8.    Nie skaam wees om van ander te leer nie.
10.9.    Nie deelnemers uitbrand nie.
10.10.    Moet sy span kan motiveer.
10.11.    Moet sy span lede ken – vader/moeder/dokter/sielkundige ens. in een wees.
10.12.    Moet agting en respek afdwing.
10.13.    ‘n Goeie afrigter hoef nie noodwendig self presteer het nie – Proteakleure maak nie van jou ‘n goeie afrigter nie.
10.14.    Aangename persoonlikheid he en maklik kan meng.
10.15.    Baie entoesiasties wees – met 20% kennis en 80% entoesiasme kan baie gekom word.
10.16.    Wengedagte moet nie oorheersend wees nie – opvoeding speel net so ‘n belangrike rol.
10.17.    Moet spel en teenstanders kan opsom en daarvolgens strategie kan bepaal.
10.18.    Skep tydens oefeninge soortgelyke situasies soos in kompetisie verwag kan word bv. stof, wind, reën, ens.

Aanhangsel I - Tabulering Stelsel, Drie Beoordelaars

1.    Neem ‘n beoordelaar se punte toegeken teen die reling en plaas hulle van hoog na laag. Ken ‘n plasing toe. Doen so ook met die beoordelaar se toets punte. Tel elke individuele ruiter se plasings bymekaar en so kry ons dan die ruiter se plasing vir die twee afdelings saam. Herhaal bogenoemde vir elke beoordelaar. Indien beoordelaar # 1 twee totale het wat dieselfde is wen die ruiter met die hoogste toets plasing vir daardie spesifiek beoordelaar.

2.    Uit bogenoemde inligting trek die volgende tabel op:

Section 1.01    Beoordelaar                    #1          #2          #3         
Plasing
1                      224           224            666
2                        666         666          234
3                        234         234          224   
4                    112          112          100       
5                    100          100          112   

3.    Doen  “High-Low” soos by ‘n gewone klas. “Ties” word gebreek soos beskryf in die reëlboek. (Sien Punt 5 en 6 hieronder)

4.    As daar meer as een skou betrokke is word die ruiter se plasings vir die betrokke skoue bymekaar getel en die ruiter met die minste plasingspunte wen.

5.    Indien daar ‘n “tie” is na die high-low gedoen is tussen ruiters, word die “tie” gebreek deur die onderskeie beoordelaars se plasings bymekaar te tel. Die resultaat word na verwys as “beoordelaar plasingspunte”. Die ruiter met die minste “beoordelaar plasingspunte” wen die “tie”

6.    As daar nog steeds ‘n “tie” bestaan word daar gebruik gemaak van die onderskeie skoue se “call judges” se toets plasings. Die ruiter met die minste plasingspunte wen.

7.    ESSASA bepaal dat ‘n ruiter aan twee skou moet deelneem.



Aanhangsel II - Tabulering Stelsel, Vyf Beoordelaars oor Drie Dae

1.    Neem ‘n beoordelaar se punte toegeken teen die reling en plaas hulle van hoog na laag. Doen so ook met die beoordelaar se toets punte. Tel elke individuele ruiter se plasings bymekaar en so kry ons dan die ruiter se plasing vir die twee afdelings saam. Herhaal bogenoemde vir elke beoordelaar.

2.    Uit bogenoemde inligting trek die volgende tabel op:
Section 1.02    Beoordelaar                    #1          #2          #3          #4          #5

Ruiter:     224                       4           1           3             1           2
                    666                       2           3           2             5           3
                    234                       5           4           4             2           5
                    112                       1           2           1             3           1
                    100                       3           5           5             4           4

3.    Kanselleer elke ruiter se hoogste en laagste plasing.
Ruiter 224 – kanselleer ‘n 1 en ‘n 4 as die hoogste en laagste plasing.
Ruiter 666 – kanselleer ‘n 2 en ‘n 5.
Doen so met elke ruiter.

4.    Tel elke ruiter se oorblywende plasings bymekaar.
Ruiter 224 het 6 punte. Dit is plasingspunte
Ruiter 666 het 8 punte.
Ruiter 234 het 13 punte.
Ruiter 112 het 4 punte.
Ruiter 100 het 13 punte.
Daar is ‘n gelykop telling tussen ruiters #234 en #100. Dit word eers opgelos na drie dae se punte.

5.    Plaas ruiters van die minste punte na die meeste aangesien die ruiter met die minste plasingspunte eerste is.
Eerste:     #112 met die laagste plasingspunte van 4
Tweede:  #224 met die tweede laagste plasingspunte van 6
Derde:    #666 met die derde laagste plasingspunte van 8
Vierde:   #100 met die vierde laagste plasingspunte van 13. Let op na “tie”.
Vierde:   #234 met ook die vierde laagste plasingspunte van 13.

6.    Herhaal stap 1 tot 5 vir elke toets van die drie dae.

7.    Na die finale toets tel elke ruiter se plasings van die onderskei proewe bymekaar.
Section 1.03    Ruiter          Dag1          Dag2          Dag3          Totaal
#224               2                1                 2                  5
#666               3                2                 3                  8
#234               4                4                 4                 12
#112               1                3                 1                  5
#100               4                5                 5                 14

Let daarop dat die ruiter met die minste plasingspunte wen. Die “tie” wat daar was tussen ruiter #100 en #234 is gebreek met die plasingspunte wat elk onderskeidelik behaal het in dag 2 en dag 3. Daar is egter nog ‘n “tie” tussen ruiters #224 en #112.
 
8.    Om bogenoemde “tie” te breek tussen ruiter #224 en #112 verwys ons terug na die tabel in punt 7.

Dag 1 is ruiter #112 hoër geplaas as ruiter #224
Dag 2 is ruiter #224 hoër geplaas as ruiter #112
Dag 3 is ruiter #112 hoër geplaas as ruiter #224

Uit bogenoemde is ruiter #112 twee keer bo ruiter #224 geplaas oor die drie dae en wen dus die “tie”

9.    Die finale plasing is dus as volg:

Eerste:     #112
Tweede:  #224
Derde:     #666
Vierde:   #234
Vyfde:    #100